Verwys hierdie bladsy na vriende

 
   
Die Waarheid Agter Jou Voedsel

Deur mede-geïnisieerde Suster Hui-Ming Toh, Auckland, Nieu Seeland
(Ooorspronklik in Engels)

Sou jy ooit jou yskas oopmaak, twintig borde pasta uithaal en hulle in die asblik gooi en daarna alleen maar één bord kos eet? Wat van om vyf-en-vyftig vierkant voet reënwoud plat te stoot vir één middagete, of om twee duisend vyfhonderd gelling water in die riool af te gooi? Natuurlik sal jy dit nie doen nie. Hoe dit ook al sy, deur slegs 'n halwe kilo vleis te eet, sal dit teweeggebring word. Die eet van vleis sal lei tot die ondoeltreffende gebruik en verwoesting van ons hulpbronne en omgewing, dit sal enorme lyding aan diere veroorsaak, dit sal nadelige gevolge op ons gesondheid hê. Dus, indien dit jou sou versteur om 'n hond te braai om jou kapokaardappels aan te vul, waarom sou jy dan 'n ander sagsinnige dier braai?
Afvalwatermeer:
'Circle Four Farms', 'n Utah gebaseerde varkprodusent, hou 'n drie miljoen gelling afvalwatermeer aan. Wanneer sulke afvalwater in riviere en mere vloei, soos in 1995 in Noord-Carolina gebeur het,kan die gevolg katastrofaal wees vir die omgewing.

'n Verslag van die VN het vasgestel dat "koeie nie karre die top bedreiging van ons omgewing is." Dit bewys dat die wêreld se snelgroeiende veetroppe die grootste bedreiging is vir die klimaat, woude en wilde diere. Vee produseer een honderd-en-dertig keer meer afval as die ganse menslike bevolking van die VSA, en hierdie gekonsentreerde kasaterwater veroorsaak waterbesoedeling, verwoesting van die grond se bolaag en lugbesoedeling. Verder, hul liggaamsgasse en afval stel meer as een derde metaan vry, wat die wêreld twintig keer vinniger verwarm as kooldioksied. Vleiseters is een honderd persent verantwoordelik vir die produksie van hierdie afval wat ongeveer ses-en-tagtig duisend pond per sekonde is. Deur vleisprodukte op te gee, sal jy vir geen van hierdie verantwoordelik wees nie.

Bowendien eis ons lus vir vleis sy tol op die voorraad van nie-hernieubare hulpbronne. 'n Verbysterende twee duisend vyfhonderd gelling water word benodig vir die produksie van een pond biefstuk, maar daarteenoor neem dit alleen nege-en-twintig gelling om een pond tamaties te produseer, en een honderd nege-en-dertig gelling vir een pond volgraan brood. Die helfte van die water en tagtig persent van die landbougrond in die VSA, byna die hele sojaboonoes, en meer as die helfte van die wêreld se graan word gebruik om vee vir voedsel te teel. Terwyl ons dit doen, ly een biljoen mense honger en is ondervoed, en vier-en-twintig duisend kinders sterf elke dag langs graanvelde wat bestem is vir die vee in die Weste. Wêreldhonger sal egter uitgeskakel kan word indien onse skaars hulpbronne doeltreffend gebruik word deur die grond om te bou vir die kweek van gewasse om mense mee te voed.

 
Somaliese Hongersnoodslagoffers:
Somaliese Hongersnoodslagoffers staan elke dag tou vir voedseluitreiking. Om een pond biefstuk te produseer, word 4.8 pond graan benodig, en kritici van ons moderne landboustelsel sê dat die omvang van vleisgebaseerde diëte wêreldhonger vererger.

Is jy bewus daarvan dat 'n honderd-en-dertig miljoen diere jaarliks in Nieu Seeland geslag word? Die meeste diere word op fabrieksplase geteel, en die stelsel streef daarna om die maksimum te behaal teen die minimum koste. Gevolglik ly die diere enorme verstandelike en liggaamlike pyn elke sekonde van hul lewe. Hulle word in vuil, vensterlose, beperkte ruimtes gestop en sal nooit hul eie familie kan grootbring, in die grond kan rondsnuffel, of iets kan doen wat natuurlik vir hulle is nie. Hulle sal selfs nie eens die son op hul rug voel, of vars lug inasem nie, totdat hulle die dag op trokke gelaai word om na die slagtery te gaan. Meer as negentig miljoen diere in Nieu Seeland verduur sulke toestande en baie bly bewus terwyl hulle keel afgesny word, daarna word hulle gewoon gelaat om dood te bloei.


Nog 'n wrede praktyk wat boere dikwels uitdra is om veertien dae lank voëls voedsel te ontneem om hul liggaam te skok om sodoende meer eiers vir menslike verorbering te lê. En, omdat manlike kuikens nutteloos in die vleisindustrie is, word 'n honderd miljoen van hulle jaarliks lewend gemaal, of in sakke gegooi om te versmoor. Bowendien word die hoenders by die slagtery keelaf gesny en in snikhete water gedompel om hul vere te verwyder terwyl baie van hulle nog lewend is.

Om koeie te brandmerk, druk veeboere selfs vandag nog warm brandysters in hul vlees terwyl hulle van pyn skreeu. Gevolglik ontstaan derdegraadse brandwonde, en die testikels van die manlike kalwers word van hul skrotum losgetrek sonder verdowing. Om by te dra tot hul lyding, is hul weivelde deurdrenk van chemikalieë en hierdie walms veroorsaak chroniese respiratoriese probleme wat hul asemhaling pynlik maak.

Melkkoeie word herhaaldelik bevrug en hul kalwers word van hulle weggeneem sodat die mens die melk kan drink wat eintlik vir die kalwers bedoel was. Hulle word telkemaal per dag aan masjiene gekoppel, en deur genetiese manipulasie, kragtige hormone en intensiewe melkmetodes te gebruik, word hulle gedwing om tien keer meer melk as gewoonlik te produseer. Dit lei tot enorme pynlike inflammasie van hul uier waaraan tot vyftig persent van die melkkoeie ly.

Teenwoordig het diere op fabrieksplase geen wetlike beskerming teen wreedheid: verwaarlosing, verminking, genetiese manipulasie en verdowingsprogramme wat chroniese pyn en verminking veroorsaak, asook 'n gewelddadige slagting, wat onwettig sou gewees het indien dit huisdiere oorgekom het. Robert Louis Stevenson, 'n romanskrywer en digter het gesê: "Ons neem die karkasse van diere in met soortgelyke aptyte, passies en organe as ons eie." Tog is vee nie minder intelligent, of vatbaar vir pyn as honde en katte wat ons as ons kamerade beskou nie.

Dit word bewys deur veelvuldige verslae dat koeie oor 'n ses voet heining spring om die slagtery te ontsnap, sewe myl stap om met 'n kalf herenig te word, of oor 'n rivier na vryheid swem. Varke is ook insigryke diere soos Dr. Donald Broom, wetenskaplike adviseur vir die Britse regering, ontdek het. "Varke beskik oor 'n waarnemingvermoë wat heel gesofistikeerd is. Selfs meer as honde en beslis driejariges."

Die belangrikste stap wat jy kan neem om ons planeet te red, en die lyding van beide mens en dier te verminder, is om vegetaries te word. 'n Vleisvrye dieet, ryk aan komplekse koolhidrate, proteïne, vesel, omega-drie, vitamines en minerale verskaf optimale voeding wat die basis van 'n dieet vorm en 'n leeftyd van goeie gesondheid ondersteun. Onomstootlike bewyse kan gevind word in die boek, "The China Study", deur professor T.Colin Campbell en dit lui: "Een van die dinge wat jy seker is om binne die volgende tien jaar te hoor is dat diereproteïne een van die giftigste voedingstowwe is... die risiko van siektes vermeerder drasties selfs wanneer 'n bietjie diereproteïne by die dieet gevoeg word." Studies het bewys dat vegetariese kinders 'n hoër IK het as hul klasmaats, en vegetariërs leef gemiddeld ses tot tien jaar langer as vleiseters. Boonop is die moontlikheid vyftig persent minder dat hulle hartsiektes of kanker sal ontwikkel, plus, die kans dat vleiseters vet sal wees is nege keer meer as die van veganiste. Vegetariese voedsel verskaf alle voedingstowwe wat ons benodig, minus die versadigde vette en besmetters.

Daarenteen beweer vele dat plante ook lewend is. Dit is waar, maar plante beskik maar oor tien persent bewustheid, terwyl diere oor 'n bewustheid beskik wat gelyk is aan dié van die mens. Aangesien plante nie kan beweeg nie, is die vermoë om pyn te ervaar oorbodig. Dus, fisiologies verskil plante heeltemal van soogdiere. As jy 'n tak van 'n boom afsny, sal dit floreer en weer groei. Daarteenoor verlang diere nie na 'n gereelde snoei nie. Kan jy die poot van 'n koei afsny en verwag dat nog vier gaan groei?

Om diere vir voedsel te teel veroorsaak verwoesting op Aarde. Die omgewing, hulpbronne en ons gesondheid gaan agteruit, en alhoewel die meeste van ons nie aktief doodslag kwytskeld nie, het die mens die gewoonte ontwikkel, en word dit deur die gemeenskap ondersteun, om vleis te eet sonder om werklik bewus te wees wat aan die diere wat ons eet gedoen word. Daar word gesê: "Een besoek aan die slagtery sal lewenslank van jou 'n vegetariër maak. Want dit is ons wat hul skreeue, pyn en angs geskep het." Dus, as jy ooit besluit om weer 'n sagsinnige dier te braai,... onthou dat jy die vleis van 'n dier inneem wat gelyk is aan jou geliefde troeteldiere. Die enigste verskil is dat hierdie dier gemartel is.

 

Daar is baie skokkende foto's op die volgende webtuistes:
http://www.goveg.com/photos.asp
http://www.viva.org.uk/photogallery/galleryindex.htm

Vind asseblief globale kaarte oor die aanslag van vee op die omgewing deur die volgende koppeling:
http://www.virtualcentre.org/en/library/key_pub/longshad/a0701e/A0701E09a.pdf

 
Reënwoude - die groen longe
van die Aarde
Deur reënwoude te verbrand,
word die natuurlike ekosisteem verwoes
Hierdie verskroeide en dorre landskap
ten koste van alleen maar 'n paar hamburgers!

 

*Die skrywer is 'n 17 jarige student in haar finale jaar op sekondêre skool. Hierdie artikel was 'n interne raming waarvoor die hoogste graad van voortreflikheid aan haar toegeken is.

 

Verwys hierdie bladsy na vriende